Die Slag van Buffelspoort 3 Desember 1900

Na die inneeming van Pretoria het die wes transvalers bates oorgegee. Maar sedert Julie 1900 het die 53 jarige De la Rey merkwaardig daarin geslaag om die kommando’s terug te bring in aksie. Teen die begin van Desember 1900 het De la Rey angstig na ‘n geleentheid begin soek om die Britte ten volle te verslaan.  Daar was vele oorwegings hiervoor, maar grootendeels het dit daaroor gegaan dat die Boere se klere, voorraade en ammunisie min begin word het, en natuurlik was De la Rey van die Britte afhanklik om die voorraade aan te vul. 

Teen die einde van November 1990 het die  Britse konvooi van Rustenburg na die voorraad depop in Rietfontein naby Silkaatsnek vertrek om voorraade vir die Garisoen te gaan haal. Die Britte het die roete noord van die Magaliesberg op die pad tussen Pretoria en Rusteburg as uiters veilig beskou. Op Sondag 2 Desember 1990 sou die gelaaide  Britse konvooi bestaande uit 2 groepe na Rustenburg teruggekeer.

Die Britse konvooi het bestaan uit 138 waens en 1832 osse. Kolonel Wolrige – Gordon is in bevel Wetend dat die konvooi ‘n aanval te wagte kan wees, verdeel hy die konvooi in 3 voordat hul Buffelspoort bereik en die konvooi beweeg deur die nag oor Buffelspoortnek.

De la Rey se plan was dat Generaal Smuts en sy Rustenburg Kommando  die voorhoede van die voorste konvooi sou aanval. Kommandant Boshof sou die agterste deel van die voorste konvooi aanval.  De la Rey met sy 150 burgers van die Krugersdorp Kommando sou die agterste konvooi aanval. ‘n Poging om die Britse soldate uit hul posisies te verdryf misluk en De la Rey is genope om sy planne te verander. Teen 13:00 word die donga deur die Boeremag ingeneem en die konvooi val in die boere se hande. Die soldate laer af in die koppie bied hewige weerstand met hul kanonne. Maar hoër op word die koppie deur die boere ingeneem. De la Rey het besef dat die boere meer konsentreer op die buit as die oorlog en staak daarom die oorlog. Hy beveel die boere om soveel moontlik buit te neem en die res van die Britte se besittings aan die brand te steek. Die boere buit 138 waens met voorraad en osse. Die Britse verliese beloop: 18 gesneuweldes; 46 gewondes en 54 krygsgevangenes

DIE MONUMENT, MATERIAAL EN SIMBOLIEK

Die simboliek is ontleen aan die geveg tussen David en Goliat. David het in die geloof vir Goliat met sy slingervel neergevel en daarna het David vir Goliat met  met sy eie sward onthoof.

Hierdie gedagte is in die monument verwerk deur die wa-aste, wabrand en briek slinger as reste van die Britse magte se oorlogtuig wat na 100 jaar steeds op die slagveld van Buffelspoort te vind is. Hierdie stukke is gebruik om die monument op te rig.

DIE HARDEKOOL STOMP

In die dae van President Paul Kruger tydens die bou van die spoorlyn tussen Pretoria en Lourenco marques is hierdie boom gedeeltelik afgekap maar onbenut gelaat waarskynlik omdat dit te dik was. Dit het dus nie sy bestemming bereik om as dwarsleër te dien nie. Die ander gedeelte van die stomp is bestem om ‘n tuiste te vind in die museum in  in Majuba. Die stomp is afkomstig van die plaas Nooitgedagt en geskenk deur die eienaar Faan van Der linde.

Die skuins gemonteerde wa-as stel die stryd en lyding voor wat mans, vroue en kinders in die vryheidstyd deurgemaak het. Die laagste en korste punt van die volledige wa-as simboliseer ons voorgeslag wat diep teneergedruk was, terselfdetyd beeld die ander punt van die as wat skuins op loop, die loitering en geestelike verheffing uit wat deur die lyding en stryd voortgespruit het.

Die vertikaal gemonteerde as is die geloofsvinger en verbeeld die geloofs veranklikheid van die volk wat ook in die vryheidsoorlog onmiskenbaar was. Mag die hardekool stomp ‘n profesie van die boerevolk wees, buite soveel tekens van swaar en slae wat daarom heen gegaan het, maar binne ongeskonde is.

Ontwerper van die monument

Ds Ben Prinsloo

2 Desember 2000

Elandskraal

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • chat
    Add a comment