BUFFELSPOORT VALLEI TOERISME ASSOSIASIE

ONS VALLEI

OORSIG

Buffelspoort en omstreke, ons “vallei”, is ‘n pragtige, unieke en taamlik ongeskonde deel van die Magaliesberg. Dit is ryk aan geskiedenis en biodiversiteit en vorm ‘n belangrike deel van die Suid- Afrikaanse natuur- en kulturele erfenis . Die area se bates en nabyheid aan die groot stadsgebied van Gauteng, maak die area baie aantreklik uit ‘n toerisme-, ontspannings- en residensiële oogpunt.

Soveel so, dat daar reeds sedert 1970 pogings was om die gebied te beskerm teen ongewenste oorbenutting en erosie deur die vorming van ‘n formele “Beskermde Omgewing” . In 2006 is ‘n voorstel gemaak om die gebied ‘n Biosfeer onder die UNESCO se “Mens en Biosfeer Program” te proklameer. Gedurende 2010 is is ‘n konsultant, “ Contour Project Managers” aangestel om die proses voor te berei en te bestuur. In 2015 is die gebied as biosfeer geproklameer.

Om hierdie area egter te bemark as ‘n geheel, is ‘n behoefte aan ‘n operasionele inligtingskantoor raakgesien en is so ‘n kantoor reeds opgerig by die Buffelspark Kompleks in Buffelspoort, oorkant die ATKV Buffelspoort.

Die volgende aktiwteite in ons area is beskikbaar vir die toeris:

  • Verblyf in die gasvryheidsbedryf (gastehuise, hotelle, vakansieoorde)
  • Avontuur- toerisme ( “canopy tours”, abseiling, bergklim, paragliding, ens)
  • Sport ( padlope, 3 kamp, fietsry, visvang, boogskiet, staproetes, mikrroligte vliegtuie, gholf, mini gholf, gym…)
  • Landbou ( sitrus, blom, sagtevrugte en bessies, tabak, kruie,wild, eende, pluimvee, die sitrus versappings fabriek, en die boereverenigings)
  • Geskiedkundige besienswaardighede (oorlogsslagvelde, Duitse sendelinge, Matabelekrale, boerenedersettings)
  • Mynbou – ons grootste industriële aktiwiteit en werkskepper
  • Natuur- en botaniese toerisme (voëlkyk, dendrologiese verenigings, bewaringsgebied, wild rehabilitasie, ens)
  • Godsdiens ( Gereformeerde kerk se oorsprong, Buddiste, Sioniste, Lutherisme)
  • Bustoere
  • Restaurante, kroeë, Oorde (EET EN KUIER)
  • Feeste (Sitrus, Buffel-, Wilds-)
    Veteraanmotors ( Chevrolet museum) (KULTUUR)
  • Kuns , kultuur, vemaak, musiek ( Tarentaal teater)
  • Opvoeding ( Motessouri skool, Eduland, Op die Berg, Tswelane, Kloofwaters, Deutse Schule )
  • Die Buffelspoort Dam (bote, roei, swem, ens.)
  • Aftreeoorde

BECOME A VALLEY INSIDER!

As a Valley Insider you have access to an array of tools to put your BnB, spa, restaurant or events ahead of the crowd.